Kalender

Aswoensdag - 14 Februarie (Lydenstyd begin)

 

Basaar - 3 Maart (Waar help jy?!)

revolusion-FB1

 

families-FB1

 

Wes Kaap sinode



Paarlbergtoring

104_0427

Picture2

Picture_3

Omgeegroepe

Omgeegroepe is een van die primêre plekke waar mense wat by hierdie gemeente van die Here inskakel, die geleentheid kry om mekaar te versorg en geestelik te groei. Dit is die plek waar gesinne en/of indiwidue die geleentheid kry om ander mense te leer ken en saam te leer om Jesus te volg en mekaar daarmee te help.

Die groepe kom een keer per week bymekaar en by daardie geleentheid word saam gekuier in die teenwoordigheid van God. Ons as gemeente volg saam 'n program wat uit 'n oorhoofse tema bestaan.  Materiaal word voorsien wat die groepe kan gebruik in hulle weeklikse tema's.  

Groepleiers kom een keer per week bymekaar om die onderwerp vir daardie bepaalde week deur te gesels en leiding te ontvang.

Indien iemand wil inskakel, kan hulle die kerkkantoor skakel of die blou vorm in die kerkbank ingevul word. ‘n Groepleier sal u dan uitnooi na hulle groep.

 

Kontak:  Ds Schalk Kotzé (021 871 1651)