Kalender

 

Hemelvaartdiens  - 10 Mei om 19:00 

 

Pinksterreeks met Marié Britz:  13-17 Mei

revolusion-FB1

 

families-FB1

 

Wes Kaap sinode



Paarlbergtoring

104_0427

Picture2

Picture_3

paarl_-_sepia_600_x_193

HISTORIESE AGTERGROND

Paarlberg Gemeente is in 1973 gestig en ons kyk met trots en dank terug op 'n ryke geskiedenis van groei en verheerliking van God.  Die verhaal van ons ontwikkeling is 'n getuigskrif vir die toewyding en volharding van gemeentelede wat 'n Kerk tot eer van die Allerhoogste en tot diens van die gemeenskap tot stand gebring het.  Ons gemeente bedien die inwoners van die noordelike deel van die Paarl langs die Hoofstraat, wat voor 1973 deel van die gemeente Paarl-Vallei was.  Die plase, kleinhoewes en erwe wat eens die gebied gekenmerk het, is mettertyd in woonerwe onderverdeel om te voorsien in die toenemende woning-tekort. Hiermee saam het 'n behoefte aan 'n eie kerk vir dié deel van die Paarl ontstaan.  Dit was deel van die patroon wat deur vooruitgang in ons dorp gevestig is.

Sedert 1691, toe die gemeente Die Paarl met sy oorgrote meerderheid van Franse Hugenote-lidmate gestig is, het die Kerk se gemeentes uitgebrei en is lidmate bedien deur Franschhoek (1845), Noorder-Paarl (1875), Paarl-Vallei (1941), Simondium (1958), Drakenstein (1962), Agter-Paarl (1964), Suider-Paarl (1968) en ná afstigting, Paarlberg (17 Januarie 1973). Ons kan ook verder in die geskiedenis terugkyk, na 'n omgewing wat 'n tuiste gebied het aan Franse vlugtelinge, waarvan Francois Bastiaanse van Armentieres, teenaan die Belgiese grense, die eerste was.  Hy het in 1692 toestemming gekry om die plaas Vredenhof aan te lê.  Onder die ander bekende pionierplase was Uitkyk, Groenvlei, Nuwedrif, Keurfontein en Groenleegte. Vanaf die vroegste tye is die grond vir die aanplant van wingerd gebruik, onder meer deur die Kaapse pastorie-dogter Johanna Catharina Bode, wat in 1852 alle mans binne die huidige gemeetegrense uitgestof het deur op Vredenhof 90 lêers wyn van 100 000 wingerdstokke te lewer.

Desondanks is die lanboupotensiaal van grond aan die suidekant van die dorp beter beskou as dié aan die noordekant en is daar dikwels na die gebied verwys as die "onderdorp", waar minder welvarende lidmate gewoon het.  Toe die gemeente Noorder-Paarl (deesdae Toringkerk) afgestig is, was daar vrese dat die nuwe gemeente nie ekonomies selfstandig sou wees nie en daarom is vergunning gegee dat die gemeente sonder grense sou funksioneer, 'n toestand wat bykans negentig jaar sou voortduur. Uitbreidings in die noordelike rigting het egter toegeneem en Toringkerk se kerkgebou was spoedig in die sentrale deel van die dorp geleë.  Dit het gelei tot die afstigting van Paarl-Vallei en later ook Paarlberg, wat tussen Paarl-Vallei en Agter-Paarl geleë was. Die tyd was gou ryp vir die stigting van 'n nuwe gemeente.

Paarlberg Gemeente is in 1973 gestig en ons kyk met trots en dank terug op 'n ryke geskiedenis van groei en verheerliking van God.  Die verhaal van ons ontwikkeling is 'n getuigskrif vir die toewyding en volharding van gemeentelede wat 'n Kerk tot eer van die Allerhoogste en tot diens van die gemeenskap tot stand gebring het.Ons gemeente bedien die inwoners van die noordelike deel van die Paarl langs die Hoofstraat, wat voor 1973 deel van die gemeente Paarl-Vallei was.  Die plase, kleinhoewes en erwe wat eens die gebied gekenmerk het, is mettertyd in woonerwe onderverdeel om te voorsien in die toenemende woning-tekort.Hiermee saam het 'n behoefte aan 'n eie kerk vir dié deel van die Paarl ontstaan.

Dit was deel van die patroon wat deur vooruitgang in ons dorp gevestig is.  Sedert 1691, toe die gemeente Die Paarl met sy oorgrote meerderheid van Franse Hugenote-lidmate gestig is, het die Kerk se gemeentes uitgebrei en is lidmate bedien deur Franschhoek (1845), Noorder-Paarl (1875), Paarl-Vallei (1941), Simondium (1958), Drakenstein (1962), Agter-Paarl (1964), Suider-Paarl (1968) en ná afstigting, Paarlberg (17 Januarie 1973).Ons kan ook verder in die geskiedenis terugkyk, na 'n omgewing wat 'n tuiste gebied het aan Franse vlugtelinge, waarvan Francois Bastiaanse van Armentieres, teenaan die Belgiese grense, die eerste was.  Hy het in 1692 toestemming gekry om die plaas Vredenhof aan te lê.

Onder die ander bekende pionierplase was Uitkyk, Groenvlei, Nuwedrif, Keurfontein en Groenleegte.Vanaf die vroegste tye is die grond vir die aanplant van wingerd gebruik, onder meer deur die Kaapse pastorie-dogter Johanna Catharina Bode, wat in 1852 alle mans binne die huidige gemeetegrense uitgestof het deur op Vredenhof 90 lêers wyn van 100 000 wingerdstokke te lewer.Desondanks is die lanboupotensiaal van grond aan die suidekant van die dorp beter beskou as dié aan die noordekant en is daar dikwels na die gebied verwys as die "onderdorp", waar minder welvarende lidmate gewoon het.  Toe die gemeente Noorder-Paarl (deesdae Toringkerk) afgestig is, was daar vrese dat die nuwe gemeente nie ekonomies selfstandig sou wees nie en daarom is vergunning gegee dat die gemeente sonder grense sou funksioneer, 'n toestand wat bykans negentig jaar sou voortduur.Uitbreidings in die noordelike rigting het egter toegeneem en Toringkerk se kerkgebou was spoedig in die sentrale deel van die dorp geleë.  Dit het gelei tot die afstigting van Paarl-Vallei en later ook Paarlberg, wat tussen Paarl-Vallei en Agter-Paarl geleë was.Die tyd was gou ryp vir die stigting van 'n nuwe gemeente.