Kalender

Aswoensdag - 14 Februarie (Lydenstyd begin)

 

Basaar - 3 Maart (Waar help jy?!)

revolusion-FB1

 

families-FB1

 

Wes Kaap sinode



Paarlbergtoring

104_0427

Picture2

Picture_3

 

Kategese

 

 

 
 
Indien jou kind graag wil inskakel by ons program of jy voel geroepe as kategeet, kontak ons gerus!
 
Die belangrikste logistieke reëlings is die volgende:
 
 
Juniors (Gr 1-6)
Ons juniors kom saam met hulle ouers (of groepleiers) na die kerk vir die aanvang van die oggenddiens om 09:00.  Op 'n gegewe tydstip gaan hulle na die groot sentrum waar hulle saam sing en 'n boodskap ontvang.  Die Gr1-3's bly in die groot sentrum en die Gr4-6'e gaan vir hulle geselsgroepies na Noord-Eind se klubhuis.  Dit mag gebeur dat die Gr4-6'e 'n maksimum van 10 minute na die erediens klaarmaak.  Ouers kan gerus 'n koppie tee drink terwyl hulle wag!
 
 
Seniors (Gr 7-10) en Belydenisklas (Gr11)
Ons geïntegreerde tienerprogram staan bekend as Revolusie.  Dit duur van 18:00-20:00 waarvan die laaste halfuur vrywillige kuiertyd is.  Ouers kan dus verwag dat hulle kinders van 19:30 af sal begin klaarmaak.  Ons kom almal eers in die kerk bymekaar voordat ons in die verskillende graadgroepe verdeel.  Een maal per kwartaal kom die jongmense ook by hulle volwasse groepleiers se huise bymekaar.
 

 


KONTAK:
Johan Stadler (Junior kategese leier) : 072 846 2323 / Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Ds Bernard Malherbe (oorsigtelik)